- Titel: "Alles is beautiful en hartseer"
- Oil paint
- Cotton Canvas
- A4: 21cm x 29.7cm
This poem is the inspiration for this painting. The world has moments where something is natural or unnatural and creates moments of sadness, but there lies beauty within that sadness:
"alles is beautiful en hartseer soos koffie en sigaret om soggens die slaap te verdamp alles is beautiful soos die veld en hartseer soos blomme wat mens nie pluk nie alles soos stad-toe-ry en saamsing met november rain is beautiful en hartseer soos die anatomie van m en sms’e van vriende wat omgee alles is hartseer soos ’n couple in die tuine en beautiful soos storms en evolusie en ’n leë heelal is beautiful en hartseer soos om te dink in ’n stil huis met ’n grafkaggel is alles wat beautiful is wat hartseer is en geen ongeleë gaste nie maar ruimte en mure en gordyne en ’n bed wat beautiful drome onthaal en hartseer ontwakings soggens of snags as die wêreld beautiful stil en donker en afwesig en hartseer is soos die huiwer van bevrore vingers wat beautiful verse op skerms wil verf en uitvee en alles behalwe voltooi beautiful en hartseer is alles wat op lessenaars verstrooi en in gedagtes verwoed is die esoteriese gekrap van somme op ou ander blaaie om alles te bereken en te bewys dat alle beauty en hartseer in alles is soos met skemer terugry huis toe en besin oor illusies en alles wat beautiful en hartseer is soos iemand anders se herinneringe van kitsdae en -geskenke met goedkoop aforismes by kerslig en wit tafeldoeke en disse wat beautiful en hartseer is veral saans met shiraz en saint-saëns se orrelkonsert en iets bonatuurliks in die asbakkie wat herinner aan vasko popa wat alles wat beautiful en hartseer is geskryf het soos gedigte in granate of ’n swart akoestiese kitaar wat lê en dehidreer en die harmonie was beautiful en hartseer in alles met resonansie soos stoom in elke godverlate toneel wat mens konfronteer met alles wat beautiful en hartseer is soos die oranje maagdesverlies van ’n nuwe oggend en kuns en kos en nagte in beddens van enkelmense wat weet hoe beautiful en hartseer alles is." -Ronnie Elliott
