top of page

- Titel: "Alles is beautiful en hartseer"

- Oil paint

- Cotton Canvas

- A4: 21cm x 29.7cm

 

This poem is the inspiration for this painting. The world has moments where something is natural or unnatural and creates moments of sadness, but there lies beauty within that sadness:

"alles is beautiful en hartseer
soos koffie en sigaret
om soggens die slaap te verdamp
alles is beautiful soos die veld
en hartseer soos blomme
wat mens nie pluk nie
alles soos stad-toe-ry en
saamsing met november rain
is beautiful en hartseer
soos die anatomie van m
en sms’e van vriende wat
omgee alles is hartseer
soos ’n couple in die tuine
en beautiful soos storms
en evolusie en ’n leë heelal
is beautiful en hartseer soos
om te dink in ’n stil huis
met ’n grafkaggel is alles
wat beautiful is wat hartseer is
en geen ongeleë gaste nie
maar ruimte en mure en
gordyne en ’n bed wat
beautiful drome onthaal en
hartseer ontwakings soggens
of snags as die wêreld
beautiful stil en donker
en afwesig en hartseer
is soos die huiwer van bevrore
vingers wat beautiful verse
op skerms wil verf en
uitvee en alles behalwe voltooi
beautiful en hartseer is alles
wat op lessenaars verstrooi
en in gedagtes verwoed is
die esoteriese gekrap van somme
op ou ander blaaie om alles
te bereken en te bewys dat alle
beauty en hartseer in alles is soos
met skemer terugry huis toe
en besin oor illusies en alles
wat beautiful en hartseer is
soos iemand anders se herinneringe
van kitsdae en -geskenke met
goedkoop aforismes by kerslig en
wit tafeldoeke en disse wat
beautiful en hartseer is veral
saans met shiraz en saint-saëns
se orrelkonsert en iets bonatuurliks
in die asbakkie wat herinner
aan vasko popa wat alles wat
beautiful en hartseer is geskryf
het soos gedigte in granate
of ’n swart akoestiese kitaar wat
lê en dehidreer en die harmonie
was beautiful en hartseer in alles
met resonansie soos stoom in elke
godverlate toneel wat mens konfronteer
met alles wat beautiful en
hartseer is soos die oranje
maagdesverlies van ’n nuwe oggend
en kuns en kos en nagte
in beddens van enkelmense wat weet
hoe beautiful en hartseer alles is." -Ronnie Elliott

Alles is beautiful en hartseer

R1 500,00Price
    bottom of page